Vier sterf, 61 beseer in brand by gevangenis in Iran

Vier gevangenes het gesterf en 61 is beseer na ‘n brand by die Evin-gevangenis in Iran uitgebreek het. Die Evin-gevangenis is gewoonlik die plek waar politieke gevangenes aangehou word. ‘n Gevangenisbron sê aan internasionale media meer mense is dood as wat berig word. Volgens mediaberigte was van die betogers wat aan die Mahsa Amini-optogte deelgeneem het in die gevangenis, maar Iranse media sê die brand het niks met die optogte te doen nie. Die goewerneur van Tehran het aan die Iranse media gesê die brand het uitgebreek na onluste tussen die gevangenes.