Proteas klop Nieu-Seeland met nege paaltjies

Krieket: Die Proteas het positief begin toe hulle Nieu-Seeland in Brisbane met nege paaltjies geklop het in ‘n opwarmingswedstryd vir die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Swartpette is ingestuur om te kolf en uitgehaal vir net 98 lopies, met Suid-Afrika se waarnemende kaptein, Keshav Maharaj, wat drie plaatjies laat kantel het. Suid-Afrika het die teiken maklik gehaal met meer as nege boulbeurte oor en Rilee Rossouw onoorwonne op 54. Maharaj sê dit is ‘n goeie uitslag na ‘n moeilike toer in Indië.