Polisievoertuig verdwyn na dit ‘geleen’ is  

‘n Namibiese polisievoertuig het tussen neus en ore verdwyn. Nampol is op soek na ‘n verdagte wat een van die amptelike voertuie na bewering “geleen” het sonder die owerheid se toestemming. Volgens Nampol se woordvoerder Elifas Kuwinga het die verdagte na hul garage in Windhoek se Noordelike Nywerheidsgebied gegaan, die voertuig sonder die bestuur se toestemming “geleen” en versuim om dit terug te gee. Die verdagte het na bewering die VW Jetta 6 tussen September 2020 en September 2022 geneem. Niemand is nog in hegtenis geneem en die voertuig is nog nie teruggevind nie.