ANC-vroueliga in Wes-Kaap ruk op oor geskorste LUR

Lede van die ANC-vroueliga in die Wes-Kaap het vandag voor die provinsiale wetgewer betoog om geregtigheid te eis vir die beweerde slagoffers van die geskorste LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz. Verskeie vroue het hom van seksuele wangedrag beskuldig. Die liga-woordvoerder en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, Beauty Dlulane, sê die lede het ‘n versoekskrif van griewe oorhandig waarin die onafhanklikheid van die ondersoeke bevraagteken word.