Vier persone ondervra na liggaamsdele by Karibib ontdek is

Die Namibiese polisie het vier persone van belang vir ondervraging ingeneem nadat verminkte liggaamsdele in Karibib ontdek is wat deur familie geïdentifiseer is as dié van die vermiste ses-jarige seun, Adrian Oswyn. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van NamPol, sê die persone wat vir ondervraging ingeneem is, ‘n 59-jarige Namibiese man, ‘n 26-jarige man en twee vroue, onderskeidelik 26 en 23 jaar oud. Kuwinga sê hierdie persone is nie amptelik in hegtenis geneem nie, maar vir ondervraging ingeneem is as persone van belang in die aangeleentheid rakende die ontdekking van ontbinde liggaamsdele in Karibib. Volgens Kuwinga is sommige van die geamputeerde bene en arms gevind in ‘n 10 kilogram Top Score-sak wat in die riool gedryf het. Kuwinga sê die forensiese ondersoeke duur voort.