Transnet-staking kos SA daagliks R1 miljard 

Die DA in die Wes-Kaap versoek die spoedige afsluiting van die Transnet-salarisonderhandelings wat nie net voortgesette stakings tot gevolg het nie, maar ook die verklaring van force majeure. Dienste by die hawe van Kaapstad is weens die staking beperk. Die DA-lid, Ricardo Mackenzie, sê Transnet het bevestig dat die nywerheidsoptrede die ekonomie elke dag na raming ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand kos.