Vier oud-Suid-Afrikaners lig beseer in helikopter-ongeluk

Vier Suid-Afrikaners herstel van ligte beserings ná Maandag se noodlottige helikopter-ongeluk aan Australië se Goudkus. Riaan en Elmarie Steenberg en Edward en Marle Swart was op ‘n pretvlug toe ‘n Sea World-helikopter tydens landing teen hulle gebots het. Hul vlieënier het ’n noodlanding gemaak, maar vier insittendes van die Sea World-helikopter is dood en drie beseer. Die Steenbergs en Swarts woon permanent in Nieu-Seeland saam met hul gesinne, en was met vakansie in Australië toe die ongeluk gebeur het.