ANC se nuwe NUK vergader in Bloemfontein

Die ANC se nuutverkose nasionale uitvoerende komitee vergader vandag om nog aan die party se 8 Januarie-presidentsrede te skaaf, wat President Cyril Ramaphosa Sondag in Bloemfontein gaan lewer. Die uitgaande woordvoerder, Pule Mabe het na afloop van die nasionale konferensie die byeenroep van die spesiale vergadering aangekondig wat verlede maand uitgestel is. Hy sê Ramaphosa neem vanmiddag in die Vrystaatse hoofstad deel aan ʼn presidensiële gholfdag voor ʼn ontmoeting met boere en ʼn fondsinsamelings-gala môre.