Vier nuwe groepe keiserpikkewyne gevind

Vier nuwe groepe keiserpikkewyne is deur middel van satellietbeelde in Antarktika geïdentifiseer. Daar is dus altesaam 66 bekende broeiplekke op die Wit Vasteland. Met die ontdekking glo wetenskaplikes hulle weet nou waar al die oorblywende broeipare in die wêreld hulle bevind. Volgens die BBC is dit belangrike inligting vir natuurbewaarders wat die spesie dophou wat weens klimaatverandering onder toenemende druk verkeer.