Diewe teiken steeds Wes-Kaapse skole

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê al het sy departement oor die Desembervakansie sekerheid aan 486 skole verskaf, het die provinsie steeds 26 voorvalle van inbraak en opsetlike beskadiging by 24 skole aangeteken. In 2022 is 48 voorvalle by 42 skole aangemeld. Die departement is nietemin teleurgesteld omdat die skole weereens die spit moes afbyt. Maynier sê items wat gesteel of beskadig is, wissel van gassilinders en kos tot rekenaars en kameras.