Medvedev dring deur na Aussie Ope halfeindronde

Tennis: Daniil Medvedev van Rusland is deur na die halfeindronde van die Australiese Ope ná ‘n taai oorwinning van vyf stelle oor Hubert Hurkacz van Pole. Die derde gekeurde Medvedev het met 7-6, 2-6, 6-3, 5-7, 6-4 in net minder as vier ure gewen. Hy speel volgende teen die wenner van die laaste kwarteindstryd tussen die Spanjaard, Carlos Acaraz, en die Duitser, Alexander Zverev. Medvedev sê dit was ‘n taai stryd.