Vier Namibiese mans vas met onwettige wildprodukte

Vier Namibiese mans is in twee verskillende voorvalle in verband met die onwettige besit van wildprodukte in hegtenis geneem. Twee mans van 32 en 42 jaar oud is by ‘n vulstasie in Monte Christo in die hoofstad met vier olifanttande in hegtenis geneem. In die ander voorval op Ondangwa is twee mans van 27 en 38 jaar oud in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om ‘n ietermagô-vel te verkoop. Hulle sou vandag hul eerste verskyning in die Ondangwa-landdroshof maak.