Beroep op opskorting van bandebelasting

Die Bande-invoerdersvereniging van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om bandebelasting onmiddellik op te skort. Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie het ‘n nuwe voorlopige heffing van 38,33 persent ingestel op bande wat uit China ingevoer word. Die jongste totale belasting op bande sal naby 70 persent draai. Die voorsitter van die vereniging, Charl de Villiers, sê hierdie nuwe belasting sal ‘n domino-effek op die prys van goedere hê, veral voedsel. De Villiers voeg by dit is ‘n nuwe slag vir die verbruiker se sak.