IUM-stigter: Wi-Fi in skole is goed, maar het uitdagings 

Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling in die Namibiese onderwysministerie, dr. Patrick Simalumba sê die bekendstelling van gratis Wi-Fi in skole sal deure oopmaak vir veelvuldige leermediums vir leerders. Simalumba beklemtoon die kwessie van inligting- en kommunikasie-infrastruktuur en deurlopende internet-verbinding in skole moet aangespreek word. Hy sê dat die huidige situasie daarop dui dat 33 persent van die skole nie elektrisiteit het nie en 700 skole nie internet-verbinding het nie. Dr. David Namwandi, stigter van die International University of Management, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die idee is goed, maar dit kom met uitdagings.