Vier Moïse verdagtes doodgeskiet

Die polisie in Haïti het vier verdagtes doodgeskiet wat met die sluipmoord op president Jovenel Moïse verbind word. Nóg twee is in hegtenis geneem. Die polisie sê hulle soek na nog verdagtes. Die 53-jarige Moïse is dood en sy vrou, Martine, ernstig beseer toe gewapende mans gister hul huis in Port-au-Prince binne gestorm het. Die aanval is glo deur ‘n gewapende kommando-groep uitgevoer. Die presidentsvrou is na Florida in Amerika geneem waar sy behandel word. ‘n Noodtoestand is in die land afgekondig.