Geingos gesels weer vanaand om 6

Die Namibiese Presidentsvrou Monica Geingos sal vanaand om sesuur gesprek voer met vyf kundiges oor die langtermyn impak van Covid. Sy gesels met onder andere drie mediese spesialiste. Daar is talle berigte van pasiënte wat herstel het van Covid wat steeds kliniese uitdagings het. Geingos het vroeër gesê sy sal haar sosiale media platforms benut om inligting oor Covid aan die publiek beskikbaar te stel. Die gesprek kan op haar platforms gekyk word.