Digte mis vertraag vlugte, treindienste in Indië

Meer as honderd vlugte sowel as treindienste regoor Indië is weens digte mis vertraag. Dele van die land se noorde ervaar ‘n ernstige en langdurige kouefront, wat chaos by lughawens en treinstasies tot gevolg het. Die minimumtemperatuur in dele van die hoofstad, Delhi, het gister tot onder twee grade celsius gedaal. Owerhede het gevra dat skole die wintervakansie verleng en klasse kanselleer. In dele van die Kasjmir-streek het temperature tot minus 6 gedaal. ‘n Kouefront word in Indië verklaar wanneer minimumtemperature tot onder vier grade celsius daal.