Vier maande kraamverlof dalk nie genoeg, meen aktivis

Die uitvoerende hoof van die Maatskaplike Sekerheidskommissie, Milka Mungunda, sê die kommissie het begin met onderhandelinge om kraamverlof van drie tot vier maande te verhoog, met alle byvoordele. Mungunda het kommentaar gelewer op ‘n mosie wat deur Winnie Moongo van Populêre Demokratiese Beweging in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is, waarin gevra word vir vyf maande kraamverlof met volle betaling. Plaaslike geslagsaktivis, Linda Baumann het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor of Namibië gereed is vir so ‘n stap.