T20: Zim klop Pakistan met 1 lopie

Zimbabwe het ‘n verstommende een-lopie oorwinning teen Pakistan behaal om die krieket-reus in gedrang te stel vir ‘n vroeë uittrede uit die T20-wêreldbeker. Die land is tot 130 vir 8 beperk nadat hulle gekies het om eerste te kolf, maar hul boulers het Pakistan tot 129 vir 8 gemoker vir ‘n onvergeetlike oorwinning in ‘n Super 12-riller in Perth. Dit was Pakistan se tweede agtereenvolgende nederlaag ná hul angswekkende openingsnederlaag teen hul aartsvyand Indië. Zimbabwe, wat deur die eerste ronde in Australië gekom het om die Super 12 te haal, is derde in Groep 2 agter Suid-Afrika. Slegs die top twee haal die halfeindronde.