Rugby: Wanderers kraai koning teen United op 68ste derby

Rugby: Wanderers het koning gekraai tydens die 68ste derby tussen FNB Wanderers en Trustco United met die Hingste wat United met 33-30 gewen het. In die buurland het die Bulle vir hulle ‘n plek onder die laaste vier in die Curriebeker-halfeindronde losgespeel toe hulle op Loftus Versfeld met net vier punte teen die Vrystaatse Cheetahs verloor het. Die Cheetahs het die wedstryd met 31-27 gewen, maar die tuisspan het twee wedstrydpunte ontvang om in die vierde plek op die punteleer te eindig. Die Cheetahs, die Haaie en die Pumas het reeds vroeër na die halfeindronde deurgedring. Die WP het die Haaie in hul laaste kragmeting die seisoen met 44-5 in Kaapstad afgeransel, maar hulle was reeds uit die wedloop.