Vier kameelperdspesies erken

Nuwe bevindinge in die wetenskapsjoernaal, Current Biology, fokus op die erkenning van die vier verskillende kameelperdspesies. Die Giraffe Conservation Fund verwelkom dit as ‘n nuwe stap in die beskerming van elke langnekspesie, veral sommige wat erg in die wildernis bedreig is. Dit sal help om elke spesie die regte beskermingstatus op hul vlak van bedreiging te gee volgens die Wêreldbewaringsorganisasie se Rooi Lys. Tot onlangs was kameelperde as ‘n enkele spesie met verskeie subspesies gelys. Jackson Amutenya, ‘n kameelperdnavorser by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en die Giraffe Conservation Fund, wat deel was van die navorsing, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.