Onder 20’s op rugbykamp

Namibië se onder 20-rugbyspan is tans besig met ‘n oefenkamp ter voorbereiding vir die 2021 Rugby Afrika Barthes-trofee. Kenia se rugby-unie sal die toernnooi vanaf 26 Junie tot 4 Julie huisves. Buiten Namibië, sal Kenia, Senegal en Madagaskar ook vir die trofee meeding. Die Waarnemende Uitvoerende Hoof van die NRU, Theo Groenewald het aan Kosmos 94.1 gesê die spelers werk hard tydens die kamp en sal twee wedstryde ter voorbereiding speel. Die een vind vanaand teen Wanderers-rugbyklub plaas en die ander een Saterdag teen Rehoboth-rugbyklub.