SA krieketspelers uit Indië op pad huis toe

Al die Suid-Afrikaanse spelers wat aan die Indiese Premierliga deelgeneem het, is op pad huis toe nadat die toernooi gister onbepaald uitgestel is. Vrese het bestaan dat Faf du Plessis, Lungi Ngidi en Imran Tahir van Chennai Super Kings, asook Kagiso Rabada en Anrich Northé van Delhi Capitals vir ‘n week lank in Indië onder kwarantyn sou moes bly. Die IPL is uitgestel nadat talle spelers die koronavirus opgedoen het al was hulle in bio-borrels. Indië beleef tans ‘n dodelike vlaag Covid-19-gevalle.