Vier-jarige dood na pa se voertuig agteruit rol

‘n Uiters hartseer verhaal het hom op Goeie Vrydag op Onayena in die Oshikoto-streek uitgespeel. Omstreeks half-sewe die aand het ‘n 36-jarige Namibiese man sy Golf-voertuig buite die huis gelos met aankoms van die werk. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het sy twee minderjarige kinders, 4 en 5 jaar oud, na hom gehardloop om hom te groet. Die man het na wat beweer word die huis binnegegaan en toe gehoor hoe sy een kind skree. Toe hy buite kom het die voertuig agteruit gerol en sy vier-jarige getref. Die kind is by die Onandjokwe-hospitaal dood verklaar as gevolg van ernstige kopbeserings. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.