Tafelberg vra stemme vir toerisme-toekenning

Tafelberg herinner Suid-Afrikaners om te stem om te help dat die berg die titel behou as Afrika se Voorste Toeriste-aantrekking. Die stemproses in die Wêreld-reistoekennings eindig aan die einde van die maand. Die ikoniese berg ding mee met groot name soos Robbeneiland en die V&A Waterfront, die Piramides van Giza en Berg Kilimanjaro. Die besturende direkteur van die Tafelberg-kabelspoormaatskappy, Wahida Parker, sê Tafelberg en Berg Kilimanjaro het albei die titel verskeie keer gewen sedert die kategorie in 2012 ingestel is: