Fishrot se Van Wyk se borgaansoek duur vandag voort

Nigel van Wyk, een van die Fishrot-beskuldigdes, se borgtogaansoek kom weer vandag voor regter David Munsu voor, nadat dit op 3 Maart uitgestel is. By sy vorige verskyning het hy betwis dat die staat se saak teen hom sterk is aangesien hy nie deel was van die skandaal of die opbrengs van misdaad in die Fishrot-saak nie. Van Wyk het aangevoer dat hy onregverdig aangekla is met sommige individue wat hy nog nooit voor sy arrestasie geken of gesien het nie. Hy meen dat sy fundamentele regte geskend is en dat hy verdien om vrygelaat te word totdat hy skuldig bewys is. Die staat sal Van Wyk na verwagting vandag kruisondervra. Intussen sal Tamson Hatuikulipi ook voor regter Munsu vanoggend vir verlof tot appèl oor die weiering van sy borg vra.