Vier dood, drie beseer toe twee helikopters by Gouekus bots

Vier mense is dood en drie kritiek beseer toe twee helikopters in die lug gebots het naby ‘n gewilde toeriste-bestemming suid van Brisbane aan Australië se Gouekus. Volgens nooddienste het een van die helikopters daarin geslaag om ‘n noodlanding naby die Sea World-pretpark te doen, maar die tweede helikopter het op ‘n sandbank neergestort. Dit was vir die nooddienste moeilik om by die ongelukstoneel op die sandbank uit te kom. Daar was 13 mense in die twee helikopters en die vier oorledenes en drie beseerdes was almal in dieselfde helikopter.