Twaalfjarige meisie in Katutura-staatshospitaal ná wrede aanranding

‘n Twaalfjarige meisie is vandag in die Katutura-hospitaal opgeneem nadat sy wreed aangerand is. ‘n Video van die beseerde meisie word op sosiale media versprei waarin sy sê dat sy met ‘n bottel oor die kop geslaan en haar vingers gesny is soos sy ‘n aanval met ‘n mes probeer keer het. In die video kan gesien word dat sy ‘n blou-oog het en haar klere en vingers met bloed bevlek is. Volgens die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, is die kind se ma en haar vriendin na die Wanaheda-polisiestasie geneem waar die ma ‘n klag van aanranding teen haar vriendin aanhangig gemaak het. Die 39-jarige vriendin van die ma is in hegtenis geneem nie. Die verdagte sal môre in die Katutura-landdroshof verskyn. Die saak word deur Nampol se eenheid vir geslagsgeweld hanteer en ondersoek.