Vakbondhoof in eSwatini vra vir weerstand teen Mswati-regime

Die hoofsekretaris van die vervoerwerkers-vakbond in eSwatini, Sticks Nkambule, doen ‘n beroep op die progressiewe beweging in die koninkryk om op gepaste wyse te reageer op die teistering en moord op sy kamerade, na bewering deur die Mswati-regime. Nkambule was die spreker tydens ‘n somerskool wat deur die Kommunistiese Party van Swaziland in Mpumalanga gehou is. Die internasionale sekretaris van die Kommunistiese Party, Pius Vilakati, sê daar is ‘n behoefte daaraan om die weerstand teen koning Mswati te verhoog, in die lig van die toenemende vervolging van die mense van eSwatini.