VF Plus: Onteieningswetsontwerp is ongrondwetlik

Die VF Plus is oortuig dat die Onteieningswetsontwerp ongrondwetlik is. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerp goedgekeur. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê dit sal ernstige ekonomiese gevolge hê en moet in die Konstitusionele Hof getoets word. Groenewald voeg by die wetsontwerp sal ook lei tot stygende lewenskoste, voedselonsekerheid, meer werkloosheid en selfs meer armoede.