Namibiese ekonoom gee oorsig oor gebrek aan groei sedert 2016 

Namibiese ekonoom Robin Sherbourne sê in sy Staat van die Namibiese Ekonomie daar is sekere faktore buite Namibië se beheer wat gelei het tot ‘n gebrek aan ekonomiese groei sedert 2016. Die faktore buite beheer is onder meer die daling in die uraanprys ná Fukushima in 2011, mineraalpryse, myn-sluitings, die droogtes in 2013, 2016 en 2019, ekonomiese verlangsamings in Angola en Suid-Afrika vanaf 2016, en die Covid-pandemie vanaf Maart 2020 tot Julie 2022. Sherbourne praat oor uraan- en oliepryse.

Hy voeg by met faktore binne ons beheer, het die Namibiese regering nie ernstige en goeie beleidsbesluite geneem nie.