Bulle kies sterk agterlyn teen Connacht

Rugby: Die Bulle se direkteur van Rugby, Jake White, het ‘n baie sterk agterlyn gekies om môre-aand in sy span se derde Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd op Loftus teen Connacht te staan te kom. Verskeie Springbokke is in die beginspan ingesluit. Kurt-Lee Arendse sal op heelagter begin met Canan Moodie en Sbu Nkosi op vleuel. Johan Goosen skuif van heelagter na losskakel in een van die ses veranderings aan die span wat Edinburgh verlede naweek naelskraap geklop het.