VF+ is vies oor wysigings aan verkiesingswet

Die Vryheidsfront Plus sê hy is teleurgesteld dat die Verkiesings-wysigingswetsontwerp goedgekeur is omdat ‘n behoorlike konsultasieproses nie plaasgevind het nie. Burgerregte-organisasies het die wetsontwerp gekritiseer en sê dit weerspreek die Konstitusionele Hof se beslissing en sal onafhanklike kandidate benadeel. Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, sê dis belangrik dat daar genoeg geleentheid is om enige veranderinge aan die land se kiesstelsel deeglik te debatteer en te oorweeg: