Spacey is onskuldig in New York

‘n New Yorkse jurie het ‘n saak van seksuele aanranding teen die akteur Kevin Spacey tersyde gestel. Die jurie het bevind die Oscar-wenner het nie Anthony Rapp in 1986 by ‘n partytjie seksueel aangerand toe hy 14-jaar oud was nie, en hy is nie skuldig aan aanranding nie. Rapp wat nou 50-jaar oud is, het skadevergoeding van sowat 732,82 miljoen Namibiese dollar geëis. Spacey staar ook vyf ander aanklagte van seksuele aanranding in die Verenigde Koninkryk in die gesig, maar hy pleit onskuldig op almal. Daardie verhoor sal na verwagting volgende jaar Junie begin.