Hoog tyd dat Swapo-regering eer betoon aan volksmoord

Reaksie word ontvang op beroepe deur die Nudo-parlementslid Joseph Kauandenge wat sê dat die Ovhaherero-volk selfs in Rwanda se volksmoord-museum ‘n hoekie het en tog, is daar niks in Namibië nie. Daar is reeds talle beroepe gedoen vir ‘n nasionale herdenkingsdag sowel as verskeie monumente, veral op Shark-eiland, en meer. Maar tog, reageer die regering nie. Die uitvoerende assistent van die opperhoof van die Ovaherero-tradisionele owerheid, Itamunua Meroro, sê dis hoog tyd dat iets gedoen word.