Veteraanjoernalis beskryf Trump as oorlogsmisdadiger

Die Amerikaanse oudpresident Donald Trump word deur die veteraanjoernalis en skrywer, Carl Bernstein, as ‘n oorlogsmisdadiger beskryf. Bernstein staan baie krities teenoor Trump en het hom ná die betoging by die Kongresgebou in Januarie Amerika se eerste opruiende president genoem. Hy het in ‘n onderhoud met Brian Stelter van CNN gesê Trump moet in ‘n ander lig beskou word.