Namibiese gesondheidsminsiter verduidelik begrafniskoste

Namibiërs is bekommerd dat die sterftes van die Covid-pandemie ‘n erge impak op hul finansiële status gaan hê. Families van slagoffers word tot 7 000 Namibiese dollar deur begrafnisondernemers gevra om hul geliefdes te begrawe. Die Namibiese gesondheidsminsiter, dr. Kalumbi Shangula, het bevestig dat die regering nie ‘n sent vra vir Covid-begrafnisse nie. Hy het gesê hierdie is private reëlings tussen families en private begrafnisondernemers. Shangula verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.