Veteraan-akteur Ndjavera sterf

Die bekende en deurwinterde Namibiese akteur en dramaturg David Ndjavera is vanoggend oorlede. Volgens berigte is hy op pad hospitaal toe oorlede. Dit is nie bekend of die oorsaak van sy dood Covid-19 is nie. Ndajvera se vrou is verlede week oorlede. Ndjavera sal onthou word vir die talle rolle in beide verhoogstukke en plaaslike rolprente wat hy vertolk het. Hy was 51.