Steve ‘Biko’ Booys weer voor die hof

Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal na verwagting weer vandag in die landdroshof in Okahandja verskyn op klagte van verkragting. Booys is in April borg geweier na hy ‘n formele aansoek gebring het en is sedert 2 Februarie in aanhouding na sy arrestasie op klagte van bloedskande en verkragting. Getuienis is reeds in die hof gelewer en as gevolg van die vrees dat hy moontlik getuies kan intimideer, bly hy in aanhouding. Hy word op Seeis aangehou vir sy eie veiligheid. Sy termyn as streeksraadslid vir Okahandja was baie omstrede met talle protesaksies wat teen hom gehou is.