Meer as 1 200 in SA vas tydens onluste

Die getal verdagtes wat tydens die voortslepende plundertogte en geweld landwyd in hegtenis geneem is, het tot 1 234 gestyg. Die dodetal staan op minstens 72. Dit volg ná die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse leër vandeesweek in onlusgeteisterde gebiede, terwyl polisielede ook van hul verlof en rusdae teruggeroep is. In KwaZulu-Natal is 549 mense in hegtenis geneem en in Gauteng 683. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Mudirili, sê voorvalle van plundering het intussen ook in Mpumalanga en die Noord-Kaap voorgekom waar een persoon in elk van die provinsies aangekeer is: