Universiteit van Kaapstad eerste in Afrika vir sportwetenskap

Die Universiteit van Kaapstad is aangewys as Afrika se beste instelling vir sportwetenskap. Die instelling is ook onder die voorste 14 persent op die wêreldranglys van wetenskapskole en -departemente van meer as 300 universiteite. Vicki Lambert van die universiteit se Instituut vir Sportwetenskap sê die ranglys is gegrond op publikasies in internasionaal-erkende soekenjins en publikasie in topjoernale op die sport-vakgebied. Lambert sê die universiteit fokus op hoëprestasie-sport en beseringsvoorkoming: