Verwerpte renosterkalfie het melk nodig

Die Rhino Momma-projek het op ‘n koue wintersoggend op die plaas afgekom op ‘n ‘n jong renosterkalf wat alleen, verdwaald en sonder haar ma rondgeloop het. Daar was vrese dat die renosterkoei gestroop is, maar die koei is later gevind en het bloot haar kalfie verwerp. Die kalfie is minder as ‘n week oud en moet nou met die bottel grootgemaak word. Sy word elke twee ure laevet langlewe-melk gegee en sal sowat 10 000 liter melk moet drink totdat sy gespeen is wat sowat 180 000 Namibiese dollar sal kos. Jaco Muller van die Rhino Momma Project gesels met Kosmos 94.1 Nuus.