SA kan nie basiese inkomste-toelaag bekostig nie

‘n Verslag wat vrygestel is deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê Suid-Afrika kan nie die basiese inkomste-toelaag bekostig nie. Volgens die verslag leef 60 persent van landsburgers onder die broodlyn. ‘n Woordvoerder van die sentrum, Ann Bernstein, sê die regering se finansies is reeds onvolhoubaar en om ‘n groot en permanente nuwe uitgawe-program by te voeg, sal dinge net erger maak.