Verwerp enige planne van tolhekke in Namibië

Die leier van die PDM-party, McHenry Venaani, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om voorgestelde tolhekke op die land se paaie te verwerp. Hy sê daar is nie ‘n Namibiër wat die fooie kan bekostig met die brandstofprys nie. Die land se Padfonds-administrasie is tans besig met konsultasies in die verband na dit in prinsiep deur die kabinet goedgekeur is. Die administrasie se hoof, Ali Ipinge sê die konsultasies sal ses maande duur maar, dat die publiek die implementering van tolhekke as ‘n uitgemaakte saak kan beskou. Venaani sê Suid-Afrikaners het die e-tolstelsel verwerp en dit is ‘n totale mislukking, hoekom dan sou dit anders in Namibië wees. Die administrasie het ook onlangs besprekings gehou oor verhoogde tolfooie vir vragmotors.