Verwagtende moeders slaap al weer buite in die Noorde

Berigte uit die Noorde van die land lui dat verwagtende moeders by die lykshuis van die Onandjokwe-hospitaal moet uitspan terwyl hulle vir ‘n bed in die hospitaal se kraamsaal moet wag. Daar is blykbaar meer as 30 vroue wat tans gedwing is om daar te woon. Baie is woonagtig in verafgeleë gebiede en het geen keuse as om vroeër eerder as later by die hospitaal uit te kom nie. Daar is ‘n saal waar vroue kan wag tot hulle geboorte gee maar, die is ook vol en die hospitaal vra ‘n fooi van 2 dollar daagliks wat baie nie kan bekostig nie. Daar is ook ‘n tekort aan beddens in die saal en vroue moet op matrasse op die grond slaap. Die Oshikoto-streek se gesondheidsdirekteur Joshua Nghipangelwa het bevestig hy is bewus van die uitdagings en dat daar planne is om die sale uit te brei.