Afrika is nie gerat om voordeel uit Europese uitdagings te trek nie

Die VN se Wêreldhandelsorganisasie sê handel in die noordelike halfrond sal in 2023 afneem en waarsku teen enige handelsbeperkings. Volgens die organisasie, sal daar ‘n daling in ekonomiese aktiwiteite wees, veral in vervaardiging. Met die Afrika vryhandelsooreenkoms is dit moontlik dat die vasteland hieruit voordeel kan trek maar, volgens professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in Afrika-sake, is die vasteland nie daarvoor gerat nie.