Vervoerkoste sal korttermyn inflasie in SA aanvuur

Die Momentum Makro Navorsingspan sê hoër vervoerkoste sal na verwagting korttermyn inflasie in Suid-Afrika aanvuur. ‘n Ekonoom, Sanisha Packirisamy, sê motorversekering, openbare vervoerkoste en huuruitgawes is grootliks verantwoordelik vir die maandelikse styging in die verbruikersprys-aanwyser. Sy sê brandstofinflasie het jaar-op-jaar met 19,9 persent gestyg en sal na verwagting verder styg weens hoër internasionale oliepryse te midde van die wêreldwye energiekrisis. Sy meen inflasieverwagtinge kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank in staat stel om rentekoers-verhogings af te weer tot die eerste kwartaal van 2022.