Namibië Toerismeraad gaan reddingsboei van N$8 miljoen kry

Die Namibië Toerismeraad, NTB, gaan ‘n reddingsboei van agt miljoen Namibiese dollar van die toerismeministerie ontvang om hulle in bedryf tot Maart 2022 te hou. Die uitvoerende hoof van die raad, Digu //Noabeb, het einde September aan Kosmos 94.1 Nuus gesê NTB sal slegs tot November fondse hê om salarisse aan sy personeel te betaal. Hy het gesê met die toerismesektor wat tydens die Covid-pandemie ineengestort het, het die raad ook geen heffings uit dié sektor ontvang nie.