Vervalle toestand van Robbeneiland-museum ontken

Die Suid-Afrikaanse departement van sport, kuns en kultuur het bewerings dat die Robben-eiland-museum in ‘n vervalle toestand is, ontken. Die woordvoerder, Masechaba Khumalo, sê die narratief wat sekere belanghebbendes handhaaf, is van alle waarheid ontbloot en blyk om kwaadwillige bedoelings te hê. Sy erken daar is gebiede wat nie oop is vir publieke toegang nie waar instandhouding dringend benodig word, maar sê hulle word voorop gestel in ooreenstemming met die beskikbare begroting.