DA gekritiseer oor Johannesburgse burgemeester

ActionSA in Gauteng het die DA gekritiseer omdat die party die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, en sy inwoners verlaat het. Phalatse staar môre ‘n mosie van wantroue in die gesig. Die party veroordeel die DA se kortsigtigheid om ‘n koalisie-alternatief aan die inwoners van Johannesburg te bied. Michael Beaumont van ActionSA sê die DA sal verantwoording moet doen aan Suid-Afrikaners voor die 2024-verkiesing, wanneer kiesers sal vra vir ‘n bestendige en doeltreffende koalisie.